Kontrolesom

Die UNIX-hulpprogram cksum kan gebruik word om 'n kontrolesom te genereer. Hierdie diagram toon hoe 'n klein verskil in 'n invoerstring groot verskille in die kontrolesom kan genereer.

'n Kontrolesom is 'n vorm van oortolligheidstoets, 'n eenvoudige manier om die integriteit van data te verseker deur foutsporing te doen op data wat versend is (telekommunikasie) of op data wat gestoor is (Rekenaarberging). Dit word gedoen deur die basiese onderdele van 'n boodskap bymekaar te tel, tipies die aangeskakelde bisse, en die stoor van die resulterende waarde. Later kan enigeen dieselfde bewerking op die data uitvoer en die resultaat met die kontrolesom vergelyk en indien die resultate ooreenstem kan daar afgelei word dat daar geen korrupsie van die data plaasgevind het nie.


Developed by StudentB